Die Natural Innocence Reeks

 het alles begin …

…  by twee vriendinne se droom om ”feetjies in die bos vry te laat”. 

Ek en Anni het koppe begin bymekaar sit om ‘n nuwe been van haar klere reeks op ‘n lewendige, relevante en avotuurlustige wyse te begin bemark.  Die foto’s moes getuig van die rokkies se kwaliteit, styl en duursaamheid.

   Anni het dadelik die mooiste natuurlike Krulkop-rokkies ontwerp en ek, Magda, het begin beplan aan verskillende avonture vir die dogtertjies. Die Bloekombos het so hard begin roep dat ek haar roepstem nie langer kon ignoreer nie.  Die gebruik van fotografie rekwisiete (props) het die ervaring in die bloekombos soos ‘n storie laat afloop.   Die besprekings het so gou ingestroom dat ons droom vinnig gegroei het tot ‘n familie van 30 wonderlike, opwindende kliënte!

Dit het ons verwagtinge behoorlik oortref. Elke foto-sessie was belaai met opwinding en die avontuur het nie net die rokkies se storie vertel nie maar ook elke dogtertjie se persoonlikheid en identiteit laat deurskyn. Dit was soos ‘n sprokiesverhaal …… omdat elke klein dogtertjie met haar eie klein lyfie en unieke grappies en idees ons laat kraai het van die lag of laat snak het na ons asems.   

Gedurende ons bloekombos avonture, het ons die mees amazingste mense ontmoet wat nou soos ons “Natural Innocence” familie voel.

Die ervaring het my fotografie begin transformeer. My uitkyk op bemarking, my styl van fotografie en my liefde vir kinders het my op ‘n ander roete in my professie begin plaas. 

So besluit ek om die kosbare hoogtepunte van die avontuur in ‘n Koffie-Tafel-Foto-boek vir Anni en myself vas te vang.  Die uitvloeisel van die projek groei toe tot volwaardige Koffie-Tafel-Storie-Foto-Boekke vir elke dogtertjie.  ‘n Goeie vriendin, Ilze, het vir ons ‘n storie geskryf oor al die bos-ervarings en ek het elke dogtertjie se foto’s sorgvuldig uitgesoek en die boek ontwerp. Die eindproduk was iets unieks, en kosbaar en het van hoë kwalitiet getuig. 

Diè projek het ontaard in van die mees kreatiefste tyd in my fotografie. Dit het my laat besef hoeveel waarde daar in professionele newerkke lê. Ons het albei baie meer en beter produkte gelewer en bemarking gedoen as wat ons ooit as individue sou kon.