“Everyday life is series of decisions!
Every small change
have the potential
to add up to great change.”

Om oud te word


Ek is nou amper 50 jaar oud maar sommige dae voel dit of ek amper 80 jaar oud is.

Ek slaap sleg en het 'n 'love/hate' verhouding met my komberse om die hormoon belaaide 'hot flashes' en nag-sweet te probeer beheer.

Ek staan dan ook al hoe meer gereëld in paaiemente op, doen net die nodigste met so aangeplakte smile

om die pyn te probeer verbloem en in 'n poging om nie heeldag te kla nie.

|Om positief te wees is mos 'n besluit.|

Ek het mos nog 'n tand(de) wat pyn en ook al vir meer as 16 jaar lank my sinusse affekteer.

"Ek weier om so oud te word!!, John" verklaar ek moedeloos een oggend.

My hulp kom baie van John af maar eintlik glo ek mos dat my hulp van die Here af kom.


"Help asseblief Here, Amen."


"Probeer van die CBD olie,"


kom dit van een van die kinders wat 'n nuwe besigheid in covid tyd begin het.

Die aand neem ek toe 3 druppels van die gevreesde-ewig-verbode-sondige-dagga en voel skoon skuldig.


Ek glo my gemoed was oop vir nuwe dinge en ek kies sommer om te sê,

| "Dankie Here!" |

want die nag het ek lekker geslaap, uitgerus opgestaan en met geen gewrigspyne opgestaan nie.

Dagga het verander het in CBD en in 'n olie onder my tong kom lê.

Dit het my skuld gevoel laat vervaag en ek het begin lees (google) oor die nuwe 'wonder-middel'.


So het een van die klein veranderinge in my lewe my na 'n fantastiese nuwe ritme begin lei en het ek besluit om hieroor te blog. 



Kontak my gerus vir enige vrae of hulp om die produk te bestel of by my te koop.